Tuisblad Bestellings Boeke Geskiedenis Skakels Kontak my
   
Bedinge en voorwaardes
Dankie dat u LV Snare se webtuiste besoek.
Alhoewel die inhoud van die webtuiste aan Christelike beginsels en waardes onderworpe is en streng keuring daarvan deurgaans gehandhaaf word, is dit belangrik dat u van die Bedinge en Voorwaardes soos dit hieronder uiteengesit is, sal kennis neem en dit sal aanvaar. Wanneer u dus die webtuiste gebruik, sal u aan al die Bedinge en Voorwaardes onderworpe wees. Indien u nie die Bedinge en Voorwaardes aanvaar nie, word die gebruik van die webtuiste verbied. Die webtuiste word van tyd tot tyd onderhou sonder enige kennisgewing aan u hoegenaamd. Die nuutste Bedinge en Voorwaardes sal dus van toepassing wees en rus daar 'n verantwoordelikheid op u om uself op hoogte daarvan te hou.
Aanvaarding van Bedinge en Voorwaardes
 
Enige besoeker of gebruiker van die LV Snare se webtuiste of dienste of produkte daarin sal die Bedinge en Voorwaardes soos hierin uiteengesit, aanvaar.
Beskrywing van Dienste en Produkte
 
Die webtuiste van die LV Snare mag 'n verskeidenheid van dienste, produkte of inligting aanbied. Verskeie vlakke van toegang word ook verskaf.
Toesig oor kinders / minderjariges
 
LV Snare is besorg oor die privaatheid en veiligheid van alle gebruikers, maar veral kinders en minderjariges. Om hierdie rede word ouers wie se kinders toegang tot die Internet (wêreld wye web) het, vriendelik dog dringend versoek om deurentyd direkte ouerlike toesig te verseker of om sodanige toegangsbeheer van u rekenaar tot laasgenoemde te verseker dat u kind/ers ten alle tye beskerm word. Onthou asseblief dat LV Snare ten doel het om 'n wye gebruikers publiek te bedien en dit u verantwoordelikheid is as voog om toesig en beheer oor u kinders uit te oefen.
Gedrag van gebruikers
 
U as gebruiker / besoeker is geheel en al verantwoordelik vir die inhoud van data wat u op u rekenaar aflaai of versend. LV Snare aanvaar geen verantwoordelikheid hiervoor nie. Die integriteit, akkuraatheid en volledigheid van die inhoud wat u aflaai, ontvang en/of versend word, word geensins gewaarborg nie. U aanvaar dat wanneer u die Internet (wêreld wye web) gebruik dat u aan walglike, onbetaamlike, aanstootlike en selfs beledigende inhoud blootgestel mag word en dat die LV Snare nie aanspreeklikheid hoegenaamd hiervoor aanvaar nie.
Aanspreeklikheid van LV Snare
 
Die Ontwerper en outeur van LV Snare se Webtuiste het uiterste sorg aan die dag gelê om te verseker dat die inhoud van die webwerf aan alle voorskrifte en standaarde voldoen, maar aanvaar die eienaar, LV Snare en/of die Webontwerper / Outeur geen aanspreeklikheid vir enige skade wat die besoeker / gebruiker van die webtuiste mag lei of wat voortspruit uit enige voorstel of aanname nie en vrywaar u as besoeker / gebruiker laasgenoemde daarvan
Verkryging en beskikking oor inligting
 
Die Webtuiste van LV Snare versamel inligting van die besoeker wat 'n bestelling plaas of inligting aanvra of kontak per epos gemaak word. LV Snare onderneem om deurgaans verantwoordelik daarmee te handel en nie aan 'n derde party bekend sal maak nie, behalwe in die geval waar wetgewing en/of hofbevel anders gelas of vereis.
Skakels na ander webwerwe
 
Die instuur van 'n versoek om 'n skakel te plaas na 'n ander webwerf is geen waarborg dat die skakel wel geplaas sal word nie en die eienaar, LV Snare en/of die Webontwerper / Outeur kan na goeddeunke enige sodanige versoek weier of verwyder nadat dt geplaas was sonder opgaaf van enige rede hoegenaamd. Hierdie is slegs 'n vergunning van laasgenoemde en word geen reg daartoe of daarin gevestig nie.
Kopiereg
 
Die inhoud van al die kategorieë, afdelings asook die inhoud, alle voorstelle, slagspreuke, logos, animasie, grafika insluitende alle intellektuele regte is onderworpe aan kopiereg welke kopiereg in L.J. Vermeulen van LV Snare gesetel is. Indien u enige verdere navrae het, kontak die Webontwerper.                
 

 

© Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou • Bedinge en voorwaardes