Tuisblad Bestellings Boeke Geskiedenis Skakels Kontak my
 
As die Duine Roep

'n Bundel van ware verhale uit die pen van 'n gebore Kalahari-kind. Bestel nou! Klik hier vir die besonderhede van die skrywer. Die volgende uittreksel uit een van die hoofstukke vertel van die skrywer se liefde vir die Kalahari:

"Waar die rug van die duin kaalkol maak en die rooi waaisand knop gestoot het, die blinkaargras agteruit gestaan het en die rietgras hulle stingels yl en bewerig laat opskiet soos vingers wat smeek dat die wolke tog sal kom en die lewegewende water sal uitgiet, sit die krom vooroorgeboë figuur half op sy hurke met die arms gekruis op sy knieë. Die volmaan het reeds skuins teen die hemelruim op gevorder om die omgewing met sy geel maanlig te streel en dit ligter te maak waar die blinkaargras staan as in die donker driedoring- en haakbosvlakkie. Hier na agtertoe brand sy kampvuurtjie daar tussen die bosse naby 'n witgat met sy krom en geboë stam so asof hy wil vertel van die swaar en moeilike tye wat oor hom heengegaan het."

Die nuwe hersiene weergawe is nou beskikbaar. Vir die beste leesgenot of geskenk klik hier vir die besonderhede van die skrywer en bestel nou om teleustelling te voorkom.

'n Bundel van ware verhale uit die pen van 'n gebore Kalahari-kind. Bestel nou! Vir die besonderhede van die skrywer sien besonderhede hieronder.

Die nuwe hersiene weergawe is nou beskikbaar. Om teleurstelling te voorkom en vir die beste leesgenot of geskenk, bestel nou u eksemplaar.

 

Skrywer:
Piet Vermeulen
Kontak besonderhede:
(018) 596-1717
 

______________________________________________________________________________________________________

Legende van die Kalahari: George Simon Pearson

'n Moet vir elke leser wat in die legendes van die Kalahari belangstel. Lees van die legende wat selfs die landdros uitoorlê het.

"Jors voel maar klein hier waar hy in die beskuldigdebank staan. Sersant Clarke het hom vooraf goed ingelig oor die verrigtinge in ‘n hof want dit is die eerste keer dat hy die binnekant van die plek sien. Dit voel vir hom asof die dood hier ronddwaal en alles lyk so netjies op hulle plekke ja die deurknoppe en skarniere is blink opgevryf en dit is so stil. “Staan in die hof.” Bulder ‘n stem. Almal staan eerbiedig op en as die opdrag kom dat almal weer kan gaan sit nadat die magistraat op sy hoë leuning stoel sy plek ingeneem het, voel Jors die koue hand met sy lang krom vingers die wurggreep om sy hart harder toepas. Nou moet hy net nie foute maak nie, dink hy so by homself. Hier voor hom op die vloer staan die saalsak waarin die bewysstukke is, maar dit lyk asof die man daar op die hoë stoel, met sy half glas brilletjies al die tyd tot sy beskikking het en dit geniet om die papier werk so tydsaam deur te lees.

Toe al die seremonies afgehandel is, kyk die magistraat oor sy bril na Jors en vra, “skuldig of onskuldig.” Jors voel hoedat die bloed stadig afsak voete se kant toe. “Onskuldig Edelagbare.”

Om te weet wat verder gebeur, bestel gerus die boek.

Legende
Skrywer:
Piet Vermeulen
Kontak besonderhede:
(018) 596-1717
© Kopiereg 2009. Alle regte voorbehou • Bedinge en voorwaardes Na Bo